• Episode 12: Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie
    Dec 7 2023

    Jacques Basson, Roedolf van der Westhuizen en Albert van Wyk gesels oor entrepreneurskap, en spesifiek Albert se televisiereeks "Maak my 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, waar leerders wat hul eie besighede bedryf, meeding om die gesogte titel.

    Show more Show less
    Less than 1 minute
  • Episode 11: Die MOS Inisiatief Toere & Wyne
    Nov 17 2023

    Jacques Basson gesels met Wikus Breetzke, wat aan die hoof staan van die innoverings-, tegnologie-, en bemarkingsaspekte van die MOS Inisiatief. Sedert hulle begin het in 2021, het hulle reeds tien skole gestig, en binnekort word ‘n elfde skool in Middelburg geopen.

    In minder bevoorregte gebiede bestaan 'n aansienlike behoefte, en die MOS Inisiatief streef daarna om daardie kinders deur 'n Beursfonds te ondersteun, sodat hulle onderrig in Afrikaans kan ontvang.

    Ter ondersteuning van die Beursfonds, is twee opwindende wynreekse, naamlik Geen Haas en Ware Jakob, geloods, asook MOS Toere wat opwindende lande soos oa Turkye volgende jaar gaan besoek.

    Al die opbrengste van die wyn- en toerverkope gaan direk na die Beursfonds.

    Show more Show less
    19 mins
  • Episode 10: Die Belangrikheid Van Veerkragtigheid In Kinders
    Nov 3 2023

    "Wat is veerkragtigheid en hoe ontwikkel dit by kinders? Volgens Jeanri Visagie, 'n leerbestuurder by die MOS-inisiatief, is dit die vermoë om voorwaarts te beweeg te midde van moeilike en negatiewe uitdagings. Alhoewel dit nie 'n aangebore eienskap is nie, is dit 'n kwaliteit wat beslis aangeleer kan word.

    Dr. Marcel Hatting, 'n besigheidseienaar en besturende vennoot by 'n konsultasiehuis, gesels oor verskeie soorte sones by kinders, insluitend stres- en uitbrandingsones. Dit is van uiterste belang dat kinders 'n gesonde en gebalanseerde lewe lei om te floreer.

    En as ouers nie kinders self die lewe se wedloop laat hardloop nie, berei ons hulle nie behoorlik vir sukses voor nie.”

    Show more Show less
    44 mins
  • Episode 9: Die Toekoms Van Opvoeding
    Oct 13 2023

    "As ons nie 'n soliede fondament aan ons land se burgers bied nie, sal ons nooit op 'n mededingende vlak met die wêreld kan wees nie," sê Dr. Pieter Geldenhuys, 'n toekomskenner en Direkteur by die Instituut vir Tegnologie, Strategie, en Innovasie.

    Afrika moet terugkeer na die beginsels. Dit beteken dat kinders, selfs vanaf 'n ouderdom van sowat vyfjaar, 'n dieet moet hê wat ryk is aan Omega 3 o breinontwikkeling natuurlik te bevorder. Hy voeg ook by dat, "Deur die regte begeleiding te ontvang, kan jy menslike potensiaal optimaliseer en ongelooflike waarde skep vir die toekoms." Vir die toekoms van opvoeding is Pieter se raad eenvoudig: Bou 'n stewige fondament, ontwikkel 'n aanpasbare en veerkragtige mentaliteit, en hou nooit op met leer nie.

    Show more Show less
    38 mins
  • Episode 8: Is Jou Kind Voorbereid Vir Die Toekomstige Werksplek?
    Sep 22 2023

    Berei jou kinders se skoolonderrig hulle goed genoeg voor vir die toekomstige werksplek? Nie noodwendig nie – nie eens in alle Afrikaanse skole nie – sê die uitvoerende hoof van die MOS-inisiatief, Roedolf van der Westhuizen.

    Hy glo dat al hoewel meeste Afrikaanse skole puik positiewe karakter in leerlinge ontwikkel, die onderriginhoudskwaliteit nie altyd kers vas hou nie.

    Met waardes soos toekomsgerigtheid en ‘n fokus op lewenslange leer, is MOS se bywoning van die wêreld se grootste opvoedkundige tegnologie en onderwysskou, die British Education Training Technology Show in Londen, noodsaaklik.

    Die man aan MOS se stuur van innovasie, tegnologie en bemarking, Wikus Breetzke, en Roedolf gesels oor hulle onlangse besoek aan BETT UK.

    Show more Show less
    34 mins
  • Episode 7: Die Realiteite & Gevare Van Die Kuberwêreld
    Sep 8 2023

    Jacques en Wikus gesels met Rianette Leibowitz oor die realiteite en gevare van die internet, wat soos 'n hoofweg is sê sy. En net soos daar roekelose bestuurders op die paaie is, is daar ook kriminele in die digitale wêreld wat wag vir ‘n geleentheid om ons inligting, geld of selfs kinders te steel.

    ‘n Mens moet jouself teen “hackers” beskerm en weet hoe om die internet te navigeer. 'n Basiese stap om jou digitale veiligheid te waarborg, is om nooit dieselfde wagwoord vir al jou sosiale media platforms te gebruik nie. Dit is noodsaaklik om sterk wagwoorde te kies en hulle gereeld te verander.

    Net soos jy 'n kind sou leer om 'n mes korrek te hanteer, is dit ook jou verantwoordelikheid om jou kind te leer oor die korrekte gebruik van die internet.

    Show more Show less
    39 mins
  • Epsisode 6: Hoe Werk Die Brein Tydens Leer?
    Aug 25 2023

    Ons gesels met Lieb Liebenberg en Wikus Breetzke oor hoe die brein werk en wat gebeur as mens leer.

    Daar bestaan baie mites oor die brein, soos die idee dat mense slegs 10% van hul brein gebruik, maar in werklikheid word alle dele van die brein tydens take benut.

    Navorsing toon dat kinders wat voorskoolse voorbereiding ontvang met die regte stimulasie en 'n goeie kurrikulum, moontlik beter presteer as dié wat nie voorskool toe gegaan het nie.

    Terwyl I.K die ou manier is om na mense te kyk het navorsing, tesame met tegnologie ons geleer van neuroplastisiteit. Dit is belangrik om nie jou kind in 'n sekere boks te plaas nie, maar eerder 'n omgewing vir hom of haar te skep waarin die brein kan ontwikkel.

    Show more Show less
    52 mins
  • Episode 5: Het Skoolhou Oor Die Jare Verander?
    Aug 11 2023

    Jacques gesels met ma en dogter, Geertjie en Gené, oor die onveranderlikheid van publiekskole se kurrikulum en sisteme van onderwys. Geertjie gebruik haar eie studentjare in Nederland as vertrekpunt en vergelyk dit met die normale opvoedingstelsel wat Gené en talle ander kinders beleef.

    “As ons terugkyk na toe òns nog op skool was teen vandag, sien ‘n mens dat absoluut niks verander het nie” is haar stelling as sy Suid-Afrika se opvoedingstelsel vergelyk teen ander gevorderde lande soos Singapore en Finland.

    Namate die wêreld evolueer terwyl die opvoedkundige struktuur staties bly, het Geertjie dit noodsaaklik geag om alternatiewe roetes vir haar dogter te verken. "Ek beoog nie dat my kind te alle tye volmaaktheid moet behaal nie, maar ten minste moet sy die vermoë hê om vir haarself te dink, take onafhanklik aan te pak, en uitdagings sonder vrees aan te gaan."

    Show more Show less
    37 mins